By Laerskool Fontainebleau glo ons dat sport ’n belangrike deel van elke kind se ontwikkeling is. Deur sport leer ons leerders spanwerk, dissipline, respek en die waarde van harde werk. Ons wil by elke Fontie ’n liefde vir sport kweek – ’n liefde wat bly groei, ongeag watter sportsoort hulle kies.
Ons bied ’n sportsoort vir ieder en elk aan – van span- en individuele sporte tot aktiwiteite waar elke leerder die geleentheid kry om te ontdek waar hulle talente lê. Ons doel is dat elke kind selfvertroue bou, trots hul skool verteenwoordig en bo alles die vreugde van deelname beleef.
By ons gaan dit nie net oor wen nie, maar oor groei, samehorigheid en die ware Fontie-gees wat op en langs die veld leef.
Fonties lewer jaarliks spelers op streek- en provinsiale vlak in verskillende sportsoorte en verteenwoordig die skool op die hoogste vlak. Ons word geken vir ons durf, deursettingsvermoë en uitnemendheid in alles wat ons op die sportveld/baan aanpak.
Sport verminder stres en verbeter ons leerders se konsentrasie in die klaskamer. Dit help ook met die ontwikkeling van koördinasie en motoriese vaardighede, wat belangrik is vir elke Fontie se groei en ontwikkeling.
Carien Venter
carien@fontainebleau.co.za
MINI-SPORT
By Fonties
MINI-RUGBY
Mini-Rugby by Fonties is die begin van ‘n rugbyspeler se liefde vir die spel. Spelers leer basiese vaardighede en beginsels, voorbereiding vir toekomstige 15-man rugby. Van o/4 tot o/5 bou spelers vaardighede deur oefeninge. By o/6 tot o/8 neem hulle deel aan wedstryde by mini-toernooie op kleiner velde en met aangepaste reëls. o/6 speel “tag- of rip-rugby”, terwyl o/7 en o/8 blootgestel word aan rugby met aangepaste reëls. o/8 neem ook aan 15-man rugby deel as vriendskaplike wedstryde. Kom ontwikkel jou liefde vir rugby by Fonties!
Organiseerder Pierre Human
pierre@fonties.co.za
MINI-NETBAL
Mini-Netbal by Fonties moedig meisies aan om die sport te beoefen en ‘n passie daarvoor te ontwikkel. Elke speler leer die spel, ontwikkel vaardighede, en ervaar verskillende posisies vir ‘n algehele begrip. Die fokus is nie net op die spel self nie, maar ook op karakterontwikkeling, samewerking, en selfvertroue. Kom ontdek die opwinding van Mini-Netbal by Fonties!
Organiseerder Francisca Maas
franciska@fonties.co.za
MINI-HOKKIE
Mini-Hokkie se grootste doel is om deelname en vaardighede te ontwikkel en te bevorder. Die stok en balvaardighede wat nodig is vir die spel word op die spelers se vlak aangebied met die doel om hulle goed toe te rus om hokkie as ‘n sport te speel en te geniet. Die spelers leer van ‘n jong ouderdom af om die spel lief te hê.
Organiseerder Cara Vermaak
cara@fonties.co.za
MINI-KRIEKET
Fonties se Mini-Krieket program is die intrede tot ‘n leeftyd se krieket waaraan spelers gaan deelneem in hul lewens. Die ontwikkeling van spesifieke vaardighede in alle aspekte van die spel word bevorder en almal is welkom om te kom speel. Deelname word bevorder om ‘n liefde vir krieket by elkeen vas te lê en ‘n element van genot is aan die orde van die dag, waar die gedagte is, met ‘n kolf en bal en speel ons saam.
Organiseerder Liza Lourens
liza@fonties.co.za
SPORT
By Fonties
Atletiek
Atletiek is die fondasie van alle sport wat op skoolvlak beoefen word. Fonties beskik oor goed gekwalifiseerde afrigters wat spesialiseer in spesifieke items tot bevordering van elke atleet. Die afrigters van die skool is kundiges op ontwikkeling van jong kinders en stap ‘n pad saam met elke atleet wat begin op die vlak van vaardigheid van elke kind en die bereik van hul volle potensiaal as atleet. Elke atleet se vordering is belangrik en massadeelname word nagestreef so ver as moontlik, om ten einde kompeterende atete op te lewer vir vordering na Super 12, Streek, Provinsiaal en Nasionale deelname.
Laerskool Fontainebleau beskik oor die volgende items wat ons aanbied:
Diskus
Gewigstoot
Hekkies
Hoogspring
Middelafstande
Naellope
Spiesgooi en
Verspring
Ons bied ook vir ons kleuters (Gr. RRR-R maats) asook kleuters in die omgewing ‘n
kleuter-atletiek Pretaand aan waar atletiek-items ouderdoms aangepas word vir
die kleuters.
Organiseerder Monique Smit
monique@fonties.co.za
SWEM
Fonties beskik oor ons eie swembad op die skoolgronde. Die swembad word gebruik om ons swemmers voor te berei vir die swemliga en deelname aan Super 12 kompetisie. Die skool het ‘n A- en B-span wat deelneem aan die begin van die jaar in kwartaal 1 en aan die einde van die jaar in kwartaal 4. Die swemmers word deur ‘n bekwame span afrigters, geslyp en maak deel uit van Fonties se skoolsport wat jaarliks groot opwinding tydens die interne Huissport veroorsaak.
Organiseerder Mika Cronje
mika@fonties.co.za
Rugby
Fonties rugby het ‘n geskiedenis so oud soos die skool en ‘n reputasie wat ons naam ver vooruit strek. Die tradisies wat deur ‘n sterk rugbykultuur gebou was oor die jare heen het al verskeie vorme voorgekom, maar die etos bly dat Fonties rugby ‘n integrale deel is van ons lewenstyl by die skool. Ons lewer jaarliks puik spelers op wie die skool en gemeenskap op streek en provinsiale vlak verteenwoordig. Ons neem jaarliks aan die Super 12 reeks, toere, vriendskaplike- en ligawedstryde deel en bevorder uit en uit die balans tussen deelname en kompeterende spel. Die rugby breiers van die skool brei elke speler op hul eie manier om nie net beter spelers te word nie, maar beter mense.
Organiseerder Casper Bouwer
casper@fonties.co.za
NETBAL
Fonties Netbal kweek jaarliks uitnemende netbalspelers wat speel met die durf en deursettingsvermoë wat die hartklop van ons skool is. Elkeen van ons spanne word deur topvlak afrigters voorberei om op die hoogste vlak van Laerskool netbal deel te neem in die Super 12 reeks, toere, vriendskaplike- en ligawedstryde waaraan deelgeneem word op ‘n jaarlikse basis. Die spelers is ware ambasadeurs van ons skool en stel die beste van Fonties voor op die baan en van die baan af.
Organiseerder Eltika Jacobs
eltikaj@fonties.co.za
Krieket
Fonties se krieketafrigters word getaak om die volgende generasie krieketspelers op te lewer wat nie terugstaan vir enige iemand nie. Ons krieket is geaffilieerd by die Gauteng, Noordwes streek en het seisoen na seisoen verteenwoordigers op hierdie vlak in elke ouderdomsgroep, van o/9 – o/13. Die spelers vorder verder as streek na provinsiale vlak waar Fonties ook verteenwoordig word met ons beste krieketseuns. Die skool seisoen is hoofsaaklik in die derde kwartaal en ons voorbereiding vir die strawwe liga sluit toere en vriendskaplike wedstryde in. Spelers leer om ware etiket ten toon te stel en ‘n voorbeeld te wees van hoe krieket gespeel moet word in goeie spangees. Spanne begin reeds op o/9 vlak met ‘n hardebal in die liga en streekspanne, waar hardebalkrieket gespeel word.
Seunsorganiseerder Casper Bouwer
Dogters organiseerder Wanya Botha / Johan Kotze
wanya@fonties.co.za / johank@fonties.co.za
Hokkie
Hokkie is ‘n spansport wat by Laerskool Fontainebleau vir beide dogters en seuns aangebied word in die derde kwartaal.
Laerskool Fontainebleau is geaffilieerd by die D10-streek, waar ons spelers streekspan verteenwoordiging kan bereik.
Laerskool Fontainebleau neem deel aan die Super 12 reeks,toere en klinieke word vir spelers gereël, asook vriendskaplike- en ligawedstryde waaraan daar jaarliks deel geneem word.
Die spelers is ware ambasadeurs van Laerskool Fontainebleau en stel die beste van ‘n Fontie voor op die baan sowel as van die baan af.
Dogters: 0/9 – 0/13
Seuns: 0/9 – 0/13
Organiseerder: Donaé Louw
donae@fonties.co.za
Landloop
Fonties het ‘n aktiewe landloop-program waar die atlete reeds in kwartaal twee met voorseisoen voorbereiding begin. Atlete neem deel aan vriendskaplike-, en ligabyeenkomste gedurende die tweede en derde kwartaal. Die landloop atlete skakel soomloos oor na die atletiekseisoen in kwartaal een en vier, waar hulle heel jaar deur betrokke is met die sport op een of ander vlak.
Organiseerder Suné van der Schyff
sune@fonties.co.za
Gholf
Fonties gholf is bevoorreg om Randpark Gholfklub as ons tuiste te roep waar professionele afrigting weekliks bygewoon word vir junior sowel as senior groepe. Die spelers neem deel aan interne kompetisies om die Fonties ranglys te bepaal, asook aan die Super 12 reeks en vriendskaplike wedstryde teen ander skole.
Organiseerder Sebastine Watney
sebastine@fonties.co.za
TENNIS
Die tennisprogram by Fonties bestaan uit junior- sowel as seniorgroepe wat reg deur die jaar oefen. Die skool is bevoorreg om ons eie professionele afrigter by die skool te hê wie met al die groepe werk, asook privaat lesse op die skoolbane aanbied. Senior spanne neem deel aan die Super 12 reeks, vriendskaplike- en ligawedstryde gedurende die eerste, derde en vierde kwartaal. Juniorspanne speel in liga in die derde kwartaal. Tennis as individuele sport is waardevol vir leerders se ontwikkeling en ‘n groot deel van ons opvoedingstaak by Fonties.
Mini Tennis Organiseerder Nicole Steinmann
nicoles@fonties.co.za
Tennis Organiseerder Esthea du Bruyn
esthea@fonties.co.za
SKAAK
Skaakspelers word in samewerking met House of Chess by die skool afgerig. Oefeninge word op vaardigheidsvlak van elke leerder bepaal en die groepe ontwikkel van beginners tot ligaspanne. Die skaakspanne neem deel aan buite toernooie, Super 12 reekse en ligawedstyde gedurende die jaar. Spelers bereik deur die skaakprogram gereeld provinsiale en nasionale kleure vir skaak. Die skoolspanne neem in ouderdomsgroepe o/7 – o/13 deel.
Organiseerder Sandra Blignaut
sandra@fonties.co.za
HENGEL
Fonties berei ons kinders voor in ‘n verskeidenheid sportsoorte, waar hengel een van die mees populêre keuses bly. Hengelaars werk in spanne saam as indivudue waar provinsiale en nasionale kleure bereik kan word. Fonties hengel lewer gereeld leerders van gehalte op wie ons skool op hierdie vlakke verteenwoordig. Hengelaars neem deel aan klinieke, ligabyeenkomste en vriendskaplike hengel.
Organiseerder Johan Kotze
johan@fonties.co.za
BERGFIETS
Die leerders van Fonties word ‘n geleentheid gebied om onder die naam van Laerskool Fontainebleau deel te neem aan die Gauteng School Cycling reeks. Die fietsryers ry in minstens ses verskillende wedrenne gedurende die jaar en maak punte bymekaar vir deelname en prestasies. Dit is een van die sporte by die skool wat wat sorg vir die meeste opwinding oor naweke. Enige ouderdomme is welkom om deel te neem.
Organiseerder Tjaart Prinsloo
carien@fonties.co.za


