“Ons glo dat ‘n betrokke leerder ‘n gelukkige leerder is en daarom bied ons ‘n groot verskeidenheid kultuuraktiwiteite aan. Op kultuurgebied wil ons graag aan ons leerders die geleentheid gee om hulle kreatiwiteit te ontwikkel en uit te leef, vaardighede aan te leer en nuwe talente te ontdek. As deel van ontwikkeling, word ons leerders blootgestel aan ‘n wye spektrum van kultuuraktiwiteite. Die leerders leer daardeur ‘n liefde vir die kunste, deursettingsvermoë en selfdissipline aan. Ons strewe is dat elke leerder sy/haar volle potensiaal op kultuurgebied sal bereik.

Christel Scholtz

Kultuurhoof
christel@fonties.co.za

KULTUURLEERDERS

2018

Melissa Colin

2022

Milan van Jaarsveld

2019

Kaydin Gounden

2023

Daniël Joubert

2020

Megan Müller

2024

2021

Kaydin Gounden en Ruan Visser

KULTUUR

By Fonties

ALGEMENE KENNIS

Skole neem in spanne van drie leerders per span deel. Die kompetisie vind in sewe  uitkloprondtes plaas waarna hulle verdeel in hul verskillende posisies. Leerinhoud word verkry van die EK WEET- program wat oor algemene kennis asook nuusgebeure van die jaar handel.

Organiseerder Santa van Rensburg
santa@fonties.co.za

BYBELVASVRA

Die Bybelvasvraspan bestaan uit 4 leerders in graad 6 of 7 wat aan die Super 12-Bybelvasvra teen ongeveer 18 ander skole deelneem. Die werk kom uit 3 boeke van die Bybel. Ons leer dan ongeveer 26 hoofstukke altesaam.

Die voorbereiding behels om voorgeskrewe gedeeltes van die Bybel te leer en op verskeie maniere te kan beantwoord. Daar word elke dag voorberei en die skrifgedeeltes word deeglik behandel en vasgelê. Daar word baie toewyding van die leerders gevra, maar dit is ongelooflik lekker en verrykend om deel van die span te wees.

Organiseerder Petra Marais
petra@fonties.co.za

DANS

Laerskool Fontainebleau bied ‘n unieke buitemuurse geleentheid in die vorm van dans aan. Dans by Fonties bestaan uit Volksdans wat onder andere danse van Switserland, Duitsland, Poolland en Rusland insluit. Daarmee saam word dansers ook aan die ander genres/style blootgestel: moderne dans, jazz, liriese en kontemporêre dans asook ballet. Weeklikse tegniekklasse gee dansers die geleentheid om hul dansrepertorium te verbreed.

Oudisies vind jaarliks in November vir graad 2-6 en in Februarie vir die gr. 1’s  plaas wanneer voornemende dansers die geleentheid gegee word om choreografie aan te leer en dan op te tree.

Ons dansgroepe neem deur die loop van die jaar onder andere aan die Kollig Kunstefees en Gauteng ‘dance festival’ deel. Hulle doen ook jaarliks ‘n oudisie vir die Tshwane Jeugkunstefees wat in Pretoria Staatsteater aangebied word. Ons dansers neem ook per geleentheid aan ander optredes en konserte deel.

Organiseerder Christel Scholtz
christel@fonties.co.za

DRAMA

Ons bied drama as deel van ons buitemuurse program by die skool aan.
Drama is ‘n prettige aktiwiteit wat leerders se selfvertroue, verbeelding en korrekte stemgebruik stimuleer en ontwikkel.

Leerders word opgedeel in ‘n junior (gr. R-3) en senior (gr. 4-7) groep wat twee keer per week oefen. Individuele en aanvullende oefentye word vanaf die tweede kwartaal ingewerk ter voorbereiding vir die Kollig Kunstefees wat in die derde kwartaal plaasvind. Beide groepe het spreekkore vir die leerders wat intern drama neem.

Organiseerder Anieke Nel
anieke@fonties.co.za

KOOR

Ons Juniorkoor bestaan uit gr. 1-3 leerders en ons Seniorkoor uit leerders van gr. 4-7 wat daarna streef om kwaliteit koorsang te lewer. Beide ons kore neem jaarliks onder andere aan die
Super 12-koorkompetisie, ATKV-Applous,1 Koor, Kollig Kunstefees en Sentraal Gauteng Eisteddfod deel. Ons kore doen ook jaarliks ‘n oudisie vir die Tshwane Jeugkunstefees wat in Pretoria Staatsteater aangebied word. Hulle neem ook per geleentheid aan koorfeeste en kerkoptredes deel.

Juniorkoor

Organiseerder:
Lida Venter
lida@fonties.co.za

Koordirigent:
Natascha Mertz-Breet

Begeleier:
André Breet

Seniorkoor

Organiseerder:
Christel Scholtz
christel@fonties.co.za

Koordirigent:
Natascha Mertz-Breet

Begeleier:
André Breet

KOLLIG KUNSTEFEES

Kollig Kunstefees is ‘n Interskole Kultuurontwikkeling in samewerking met Laerskole Fontainebleau, Fairland, Louw Geldenhuys en Unika.

Die doel van Kollig Kunstefees is soos volg:
1. Blootstelling aan verhoogoptredes en professionele klank en beligting vir die kultuurleerders van al die deelnemende skole in al die genres in ‘n veilige en bekostigbare omgewing.
2. Samewerking en wedersydse ontwikkeling tussen skole.
3. Gedeelde belange in terme van die kunste en veral dan vir Afrikaanse leerders om hulle
talente te kan deel met mekaar en ‘n gehoor.
4. Buurmanskap en vriendskap oor skoolgrense heen. Die volgende genres word aangebied:
Dans, Drama, Instrumentaal, Public Speaking, Redenaars, Sang, Visuele Kuns.
Die vier deelnemende skole kry almal ‘n geleentheid om van die genres aan te bied.

Daar word jaarliks gedurende Oktober ‘n “Showcase” aangebied waartydens die top items
per genre die geleentheid kry om weer deel te neem.

Dans, Drama, Instrumentaal, Public Speaking, Redenaars, Sang, Visuele Kuns.

Die vier deelnemende skole kry almal ‘n geleentheid om van die genres aan te bied.

Daar word jaarliks gedurende Oktober ‘n “Showcase” aangebied waartydens die top items per genre die geleentheid kry om weer deel te neem.

Organiseerder Christel Scholtz
christel@fonties.co.za

MUSIEK

Musieklesse word deur die Hoërskool Randburg Magneetskool vir Musiek aangebied. Musieklesse word aan enige leerder van enige skool aangebied. Instrumente wat aangebied
word is klavier, sang, viool, tjello, kitaar, blokfluit en tromme.

Enige ander instrument wat u verlang, sal deur kundige onderwysers aangebied word.
Lesse word hier by Laerskool Fontainebleau of by Hoërskool Randburg aangebied. Die lesse sluit prakties, teorie en gehoorklasse in. Die fooie is uiters bekostigbaar en word deur bekwame onderwysers aangebied.

Skakelpersoon van Magneetskool:
Trudi van Wyk
magneetskool@hsrandburg.co.za

Organiseerder Christel Scholtz
christel@fonties.co.za

Redenaars

Ons Redenaars word geleer om voor ander mense te praat deur hulle redenerende vermoë en selfvertroue te stimuleer en te ontwikkel.

Ons hou jaarliks gedurende die vierde kwartaal interne uitdunne by die skool vir die leerders wat belangstel. Slegs voorbereide toesprake word tydens die interne uitdunne gelewer en word
deur eksterne beoordelaars beoordeel. Die uitdunne word per kategorie (gr. 1-3; gr. 4-5 en
gr. 6-7) van die volgende jaar gehou om sodoende finaliste te bepaal.

Die res van die leerders wat aan die uitdunne deelneem, kry geleentheid om aan Kollig Kunstefees asook aan Interskole Redenaars deel te neem.
Die onderwerpe per kategorie word deur die ATKV se voorskrifte vir daardie jaar bepaal.

Daar word tydens die uitdunne ook spanne vir spanredenaars gekies. ‘n Span bestaan uit 4 lede wat in dieselfde graad is. Ons spanne neem sover moontlik van gr. 3-7 deel. Ons neem ook aan ander kompetisies deel soos daar geleenthede is.

Daar word tydens die uitdunne ook spanne vir spanredenaars gekies. ‘n Span bestaan uit 4 lede wat in dieselfde graad is. Ons spanne neem van gr. 3-7 deel. Ons neem ook aan ander kompetisies deel soos daar geleenthede is.

Organiseerder Chrizanne Atterbury
chrizanne@fonties.co.za

Individuele Redenaars

Super 12
2 leerders per kategorie (Graad 1-3; graad 4-5; graad 6-7)

ATKV
4-8 leerders per kategorie (Graad 1-3; graad 4-5; graad 6-7)

Kollig Kunstefees
Daar is geen beperking op die aantal deelnemers nie.

Interskole Redenaars
Daar is geen beperking op die aantal deelnemers nie.

Spanredenaars

4 leerders per graad

Super 12
(slegs graad 7)

Kollig Kunstefees

Inderskole Redenaars

VOORTREKKERS

Die Klipfontein Voortrekker-Kommando is die tuiste van ons Fonties.
Die ouers en offisiere span jaarliks kragte saam om ‘n onvergeetlike kommandokamp te reël waar ons Vories leer om onder andere in die veld kos te maak en hoe om onder ander instrumente en knope te maak. Twee-weeklikse spanbyeenkomste op Maandae van 16:30 – 18:30 is groot pret met interessante en kreatiewe aktiwiteite uit die Graadwielboekies. Daar word gedurende die skoolvakansies geleentheid gebied om plaas-, sang-, see-, veld-, en waterwerkkampe by te woon. Naweek aktiwiteite behels om meer oor hulself, die omgewing, ons land en geskiedenis en godsdiens te leer. Tydens daardie aktiwiteite leer hulle nuwe dinge doen soos perdry en roei en ook om die sterre en buitenste ruim, diere en plante bestudeer.

Voorslag is waarna ons Laerskool Vories werk. Dit is die hoogste toekenning wat in gr. 7 verwerf kan word. Leerders kan brons, silwer of goue toekennings ontvang afhangende van betrokkenheid, deelname en kennis van Afrikanerskap, Burgerskap, Christenskap en diensbaarheid.

Skakelpersoon van Voortrekkers:
Lynette van der Walt
lynettevdw@qsure.co.za

Organiseerder Lida Venter
lida@fonties.co.za

Produksie

Alle leerders van gr. 1-7 kry die geleentheid om deel te wees van ’n massa-konsert. Die produksie bestaan uit ‘n groep hoofkarakters wat die storielyn vertolk en die res van die leerders voer ‘n dans in graadverband uit in ooreenstemming met die tema van daardie jaar. Die doel is om leerders die geleentheid te bied om ten minste een maal gedurende hulle laerskoolloopbaan deel te wees van ‘n onvergeetlike produksie en om hulself ook op die gebied uit te leef.

Organiseerder Christel Scholtz
christel@fonties.co.za

GEMEENSKAPSDIENS

By Fonties

BLEAUDRUK

Die Bleaudruk is ons skoolkoerant en verskyn een maal per jaar aan die einde van die jaar. Aan die begin van die jaar word graad 6 en 7 leerders wat belangstel , genooi om ‘n CV in te handig. Die Bleaudrukredaksie word dan daaruit gekies. Die leerders wat gekies word, bly vir die jaar deel van die redaksie. Hulle werk saam met die personeel betrokke aan die inhoud van die koerant.

Organiseerder Nadine Viljoen
nadine@fonties.co.za

ENTREPRENEURS-MARK

Daar word ‘n mark vir die tweede en vierde kwartaal beplan waartydens die leerders tuisgemaakte produkte aan hulle maats verkoop.  Die leerders sal opleiding ontvang voor hulle deelname aan die mark.

Organiseerder Anieke Nel 
anieke@fonties.co.za

JESUSTROEPE

Tema: Ek is waardevol.
Wat is my waardes?

Die skool se leuse lui: “Laat daar lig wees!” Hier by Laerskool Fontainebleau probeer ons om saam te leer oor dissipelskap sodat ons ’n lig vir die wêreld daar buite kan wees. By Fonties streef ons daarna om respek te hê vir onsself en ons medemens. Ons wil soos koning Dawid verantwoordelikheid kan neem. Ons wil nes Jesus empatie hê met ander. Ons wil soos Josef geduldig kan wag vir God se plan. Ons wil leer om te bly volhard soos atlete. Ons gaan by die skool Fonties se waardes in die Woord gaan soek en kyk watter bybelkarakters het beskik oor die waardes. Ons lofprys en bou verhoudings met ons mede Fonties en hul ouers op Jeugaande. Ons gaan beslis ’n les of twee by hulle kan leer. Die Fonties se Jesustroepe is gereed om die lig van die stad te wees!

Organiseerder Pierre Human
pierre@fonties.co.za

NATUURKLUB

Lidmaatskap: R 50 per lid

Die lidmaatskapgeld gaan ter ondersteuning vir een van die volgende:
-Animals in distress
-SAGA (South African Guide Dogs)
-De Wildt Cheetah-projek

Ons hou een maal ‘n kwartaal ’n instappie/uitstappie waartydens daar meer geleer word oor die natuur en omgewing. By instappies leer ons interessante feite oor diere en die natuur. Hiermee kweek ons ’n liefde by kinders vir die natuur en verbreed ons hulle algemene kennis oor diere, plante, voëls en meer.

Organiseerder Sandra Blignaut
sandra@fonties.co.za

KYK BIETJIE SELF

FOTO’S VAN ONS AKTIWITEITE

TELEFOON:

011 791 6160

E-POS:

skool@fonties.co.za

ADRES:

h/v Charlie- en Rabiestraat, Fontainebleau, Randburg, 2194