AKADEMIE
“Laerskool Fontainebleau is ‘n Christelike skool wat die kurrikulum die fokuspunt maak waarom alles draai, terwyl ’n baie hoë akademiese standaard gehandhaaf word. Ons bied ‘n omvattende kurrikulum wat voldoen aan die hoogste standaarde van nasionale onderwysriglyne.
Ons span toegewyde en passievolle personeel staan altyd gereed om elke leerder se akademiese reis te ondersteun en te bevorder. Daar word na elke leerder se spesifieke behoeftes omgesien en individuele hulp word sover moontlik verleen.
Ons glo aan ‘n oopdeur beleid waar ouers altyd welkom is om met ons te kom gesels.”
Annelene Daniels
Akademiese Hoof
DUX LEERDERS
2018
Shani Jansen van Rensburg
2019
Adriaan Mostert
2020
Covid
2021
Tjaart Steyn
2022
Keira Bester
2023
Chanél Le Roux
2024
Elana Crocker
2025
Jacques van den Berg
GRONDSLAGFASE
Vaslegging van vaardighede en kennis is ons fokus!
Laerskool Fontainebleau se Grondslagfase personeel word met die hand uitgekies vir die doel om elke kind in hul klas te leer ken & staan gevolglik bekend as tweede mammas by die skool.
Die onderwyseresse speel ‘n belangrike rol in die vaslegging van vaardighede en kennis.
Elke graad bestaan uit ‘n klas toegerus met enkelbankies, ‘n witbord met dataprojektor, ‘n leeshoekie, ‘n storievertel mat & toiletgeriewe direk langs die klas.
Toegang tot internet deur kabels of Wifi vir elke onderwyser om die leerproses te bevorder.
Die skool volg die CAPS kurrikulum soos bepaal deur die Departement van Onderwys met leerdergesentreerde onderrig, kreatiewe lesaanbieding & deurlopende evaluering.
Grondslagfase kinders word deur kundiges onderrig in rekenaarvaardighede, robotika, menslike bewegingskunde & musiek as deel van geheelontwikkeling.
Vorderingsverslae word kwartaalliks uitgegee & opgevolg met sinvolle ouergesprekke om kind(ers) se vordering, prestasie of struikelblokke met die onderwysers te bespreek.
INTERMEDIÊRE & SENIORFASE
Uitbreiding van die onderrig is wat ons doen!
Laerskool Fontainebleau se Intermediêre- & Seniorfase personeel is bekwaam, kundig & word gesien as ‘n uitbreiding van die onderrig wat by die huis plaasvind.
Elke klas is toegerus met ‘n enkelbankie vir elke kind, gepasde hulpbronne & toerusting, interaktiewe- of witbord met dataprojektor, en toegang tot internet deur kabels of Wifi vir elke onderwyser om die leerproses te bevorder
Graad 4 kinders in die oorgangsfase van junior na senior klasse, loop klas in gemengde wyse waar hulle steeds klasonderrig ontvang met enkele wisseling van klasse vir nuwe vakke.
Die skool volg die CAPS kurrikulum soos bepaal deur die Departement van Onderwys met die volgende vakke wat aangebied word.
Vakke vir Graad 4 – 6: (Intermediêre Fase)
AFRIKAANS
Vakhoof: Monique Smit
ENGELS
Vakhoof: Nadine Viljoen
WISKUNDE EN EBW
Vakhoof: Petra Marais
LEWENSVAARDIGHEID
Vakhoof: Santa van Rensburg
NATUURWETENSKAP EN TEGNOLOGIE
Vakhoof: Christel Scholtz
REKENAAR-VAARDIGHEID
Vakhoof: Christel Scholtz
ROBOTIKA
Vakhoof: Christel Scholtz
MENSLIKE BEWEGINGSKUNDE
Vakhoof: Santa van Rensburg
SOSIALE WETENSKAP: GESKIEDENIS + AADRYKSKUNDE
Vakhoof: Lisa Joubert
KUNS & KULTUUR
Vakhoof: Santa van Rensburg
Vakke vir Graad 7: (Seniorfase)
AFRIKAANS
ENGELS
WISKUNDE
LEWENSORIËNTERING
NATUURWETENSKAP
TEGNOLOGIE
ROBOTIKA
MENSLIKE BEWEGINGSKUNDE
SOSIALE WETENSKAP: GESKIEDENIS
SOSIALE WETENSKAP: AADRYKSKUNDE
REKENAAR-VAARDIGHEID
EKONOMIESE & BESTUURS-WETENSKAP
KUNS & KULTUUR
ASSESSERING
By Laerskool Fontainebleau, word kindervordering bepaal deur ‘n verskeidenheid assesseringstegnieke met kwartaallikse evaluasies om onderrig aan te pas en prestasie te meet. Formele graad 4-7 eksamens word in die 2de en 4de kwartale geskryf. ‘n Leerder-gesentreerde benadering word gevolg om vaardighede en akademiese vermoëns akkuraat te assesseer. Die skool streef daarna om elke individu vir die toekoms toe te rus.
TERAPEUTE + REMEDIËRENDE ONDERWYS
Laerskool Fontainebleau bied ‘n verskeidenheid terapeute aan, insluitend ‘n Opvoedkundige sielkundige, ‘n Spel-, ‘n Arbeids- en ‘n Spraakterapeut, sowel as ‘n Maatskaplike Werker op die skoolterrein. Terapie word op afspraak gelewer teen ‘n koste. In die Grondslagfase ontvang leerders ondersteuning in die klas, terwyl intermediêre en seniorfase leerders individuele aandag in vakgebiede of in klein groepe ontvang tydens skoolure. Remediërende onderwys vind ook na skool plaas vir beide fases, en word deur onderwysers aangebied met behulp van rekenaar-, lees- en wiskundeprogramme.


