FONTIES KLEUTERSKOOL / PRE-PRIMÊR

Fonties Pre-Primêr is ‘n kleuterskool wat elke kleuter vir die res van hulle lewe sal onthou!

FONTIES

PRE-PRIMÊR

Fonties Pre-Primêr is op 1 Januarie 2008 formeel geopen. Die kleuterskool, met ruim klasse wat verseker dat daar genoeg ruimte is om te kan speel en leer, is op die terrein van Laerskool Fontainebleau. Die terrein is afgekamp van die res van die skool en is ‘n kleutervriendelike omgewing waar hulle veilig, geborge en gelukkig kan wees. Hoewel hulle baie opgewonde is om by die “groot skool” te wees, is hulle in ‘n omgewing wat ideaal geskik vir kleuters is.

Die Kleuterskool bied klasse vir Graad RRR, Graad RR en Graad R aan.  Graad RRR = 3 – 4 jaar.  Graad RR = 4 – 5 jaar.  Gr. R = 5 – 6 jaar.

Fonties Pre-Primêr is ‘n integrale deel van Laerskool Fontainebleau op die skoolterrein geleë met hul eie hoof, adminkantoor, apparte klasse, speelgrond & ingang.

Die Pre-Primêr bied klein klasse met gemiddeld 20 kleuters per klas vir Gr RRR, RR & R met gekwalifiseerde onderwysers in elke klas.

Die Pre-Primêr se speelarea bestaan uit groot grasperke, ‘n fietsiebaan, sandputte, balanseerbande & verskeie klimrame.

‘n Gestruktureerde program word op ‘n informele wyse aangebied waar kleuters leer deur speel.
Elke aktiwiteit is daarop gerig om vaardighede te ontwikkel & te bou om sodoende skoolgereed hier uit te stap na die grootskool.

Elke ligdraertjie kry verder die geleentheid om die fasiliteite van die Laerskool te gebruik waar hul onder andere deel vorm van die Laerskool se rekenaarvaardigheid, robotika & menslike bewegingskunde (MBK) program.

Die ligdraertjies ontvang ook afrigting en neem by die Laerskool deel in sport insluitend:

  • Atletiek, Mini-netbal, Mini-rugby (Welpies), Mini-krieket.

Die volgende buitemuurse aktiwiteite word ook aangebied, teen ekstra betaling:

  • Ballet, Lego, Karate, Gholf, Ruggakids, Catrobat, Swem, Tennis en Voortrekkers.

Fonties Pre-Primêr is ‘n kleuterskool wat elke kleuter vir die res van hulle lewe sal onthou – want dit is ‘n baie belangrike hoofstuk in elke kind se lewe!

Graad RRR – Graad R

Fooie

VOLDAG, VOLLE PAKKET

R3045.00 pm vir skoolfonds

R900 vir naskool

R1255 naskool en vakansieskool

Skoolure: 06:30 – 17:30

INSKRYWINGSVORMS 

VIR KLEIN FONTIES

Inskrywingsvorm 2026

Kliek hier om in 2026 ‘n Fontie te word!

Onthou asseblief die volgende dokumentasie moet die inskrywingsvorm vergesel:

Kleuter se geboortesertifikaat
ID van ouers
Immuniseringsertifikaat
Bewys van adres

WAT BRING

EK SAAM?

Groot genoeg tas
Ekstra stel klere
Hoed
Waterbottel
Versnappering vir 10:00

GEREELDE VRAE 

OOR DIE KLEUTERSKOOL

Hoe groot (hoeveel kleuters) per klas?
(Nie meer as 25 kleuters per klas)

Moet ek versnappering inpak as die skool middagete voorsien?
(Ja, skool voorsien slegs ete 13:00)

Slaap die kleuters?
(Graad RRR en Graad RR slaap)

Skryfbehoeftes?
(Word by die skool gekoop)

Ekstra buitemuurse aktiwiteite?
(Teen ekstra koste: Ballet, Lego, Karate, Gholf, Rugby, Catrobatkidz, Swem)

Sport?
(Tennis, Rugby, Netbal, Krieket, Hokkie)

‘n boodskap van

FONTIES PRE-PRIMÊR SE HOOF

Die onderwyseresse dra die belange van die kleuters op die hart en elke kleuter word gehelp om tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel.  Indiensopleiding en bywoning van kursusse verseker dat die personeel op hoogte bly van nuwe ontwikkelings en tendense. Die onderwyseresse is ook goed gekwalifiseerd, baie bekwaam en beskik oor die nodige ondervinding. Hulle weet presies wat van die kleuters verwag word om gereed te wees vir die volgende fase. Die kleuters is dan ook emosioneel aangepas by die “groot skool” – die oorgang na Graad 1 is dus soveel makliker.

‘n Kleuterskool waar elke kleuter belangrik is – waar ouers en onderwyseresse saamwerk – ‘n Kleuterskool wat die kleuters vir die res van hulle lewe gaan onthou.
ONS IS ‘N HOOFSTUK IN ELKE KIND SE LEWE!

– Mary van Zyl

TELEFOON:

011 791 6160

E-POS:

skool@fonties.co.za

ADRES:

h/v Charlie- en Rabiestraat, Fontainebleau, Randburg, 2194