FONTIES KLEUTERSKOOL
Fonties Kleuterskool is ‘n skool wat elke kleuter vir die res van hulle lewe sal onthou!
FONTIES
KLEUTERSKOOL
Fonties Kleuterskool is op 1 Januarie 2008 formeel geopen. Die kleuterskool, met ruim klasse wat verseker dat daar genoeg ruimte is om te kan leer en speel, is op Laerskool Fontainebleau se terrein. Die terrein is van die res van die skool afgekamp en is ‘n kleutervriendelike omgewing waar hulle veilig, geborge en gelukkig kan wees. Hoewel hulle baie opgewonde is om by die “groot skool” te wees, is hulle in ‘n omgewing wat ideaal vir kleuters geskik is.
Die Kleuterskool bied klasse vir Graad RRR, Graad RR en Graad R aan. Graad RRR = 3 – 4 jaar. Graad RR = 4 – 5 jaar. Gr. R = 5 – 6 jaar.
Fonties Kleuterskool vorm ‘n integrale deel van Laerskool Fontainebleau. Dit is op die skoolterrein geleë met hul eie hoof, adminkantoor, aparte klasse, speelgrond & ingang.
Die Kleuterskool bied klein klasse met gemiddeld 20 kleuters per klas. Daar is gekwalifiseerde onderwysers in elke klas. Fonties Kleuterskool het ook hulp van assistente.
Die Kleuterskool se speelarea bestaan uit groot grasperke, ‘n fietsiebaan, ‘n sandput, balanseerbande & verskeie klimrame.
n Gestruktureerde program word op ‘n informele wyse aangebied waar kleuters leer deur speel.
Elke aktiwiteit is daarop gerig om vaardighede te ontwikkel & te bou om sodoende skoolgereed hier uit te stap na die “groot skool”.
Elke ligdraertjie word blootgestel aan robotika en menslike bewegingskunde (MBK).
Die ligdraertjies ontvang ook afrigting en neem by die Laerskool deel aan sport insluitend:
- Atletiek, Mini-Netbal, Mini-Rugby (Welpies), Mini-Krieket en Mini-Hokkie.
Die volgende buitemuurse aktiwiteite word ook aangebied, teen ekstra betaling:
- Ballet, Lego, Karate, Gholf, Rugby Rocks, Catrobatz, Swem, Tennis, Voortrekkers en Krieket Rocks.
Fonties Kleuterskool is ‘n skool wat elke kleuter vir die res van hulle lewe sal onthou – want dit is ‘n baie belangrike hoofstuk in elke kind se lewe!
Graad RRR – Graad R
Fooie
VOLDAG, VOLLE PAKKET
Skoolfonds, naskool en vakansieskool: R4200 oor 11 maande
Skoolfonds met naskool: R3855
Skoolfonds: R2980
Skoolure:
06:30 – 13:30
Naskool ingesluit:
06:30 – 18:00
INSKRYWINGSVORMS
VIR KLEIN FONTIES

Inskrywingsvorm 2026
Kliek hier om in 2026 ‘n Fontie te word!

Onthou asseblief die volgende dokumentasie moet die inskrywingsvorm vergesel:
Kleuter se geboortesertifikaat
ID van ouers
Immuniseringsertifikaat
Bewys van adres
WAT BRING
EK SAAM?
Groot genoeg tas
Ekstra stel klere
Hoed
Waterbottel
Versnappering vir 10:00
Ligte middagete indien die opsie van bestelde middagete nie gekies is nie.
GEREELDE VRAE
OOR DIE KLEUTERSKOOL
Hoe groot (hoeveel kleuters) per klas?
(Nie meer as 25 kleuters per klas)
Moet ek ekstra versnapperinge inpak as ek die middagete opsie gekies het?
(Ja, vir laatmiddag)
Slaap die kleuters?
(Graad RRR en Graad RR slaap)
Skryfbehoeftes?
(Word by die skool gekoop)
Ekstra buitemuurse aktiwiteite?
(Teen ekstra koste: Ballet, Lego, Karate, Gholf, Rugby Rocks, Catrobatkidz, Krieket Rocks, Swem en Tennis)
Sport?
(Rugby, Netbal, Krieket, Hokkie)
‘n boodskap van
FONTIES KLEUTERSKOOL SE HOOF
Die onderwyseresse dra die belange van die kleuters op die hart en elke kleuter word gehelp om tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel. Indiensopleiding en bywoning van kursusse verseker dat die personeel op hoogte bly van nuwe ontwikkelings en tendense bly.
Die onderwyseresse is ook goed gekwalifiseerd, baie bekwaam en beskik oor die nodige ondervinding. Hulle weet presies wat van die kleuters verwag word om vir die volgende fase gereed te wees. Die kleuters is dan ook emosioneel en skolasties aangepas wat die oorgang na Graad 1 dus soveel makliker maak.
‘n Kleuterskool waar elke kleuter belangrik is – waar ouers en onderwyseresse saamwerk – ‘n Kleuterskool wat die kleuters vir die res van hulle lewe gaan onthou.
ONS IS ‘N HOOFSTUK IN ELKE KIND SE LEWE!
– Mary van Zyl


