
ONS SKOOL
SE GESKIEDENIS
Die sleutel tot ons sukses lê opgesluit in ons leuse: LAAT DAAR LIG WEES. Kortom, “Laat daar lig wees” is ‘n inspirasie om die wêreld ‘n beter plek te maak deur die krag van kennis en die verspreiding van goeie dade. Laerskool Fontainebleau streef na uitnemendheid op alle terreine van skoolaktiwiteite om gelukkige, gebalanseerde leerders vir die samelewing te ontwikkel.
Goed om te weet:
Interessante feite
Laerskool Fontainebleau is die oudste skool in Randburg.
Die skool is op 24 Januarie 1906 as ‘n klein plaasskooltjie gestig met 81 leerlinge en 2 personeellede.
Mnr GHJ Slabbert was die hoof en me C Joubert sy assistent.
Die naam van die skool was “ Fontainebleau Government School”.
In 1913 het die leerlinge hul intrek in die nuwe skoolgebou geneem wat geleë is waar ons skool tans staan.
Al die klasse wat toe in gebruik geneem is, word vandag nog gebruik.
OOMBLIKKE WAAR TYD VIR
Fonties stilgestaan het
1 Jan 1947 – Die Std 6 – leerlinge word oorgeplaas na die Linden Junior – Hoërskool. (Die graad 8 leerders was voorheen deel van die laerskool).
5 Feb 1947 – Swembad voltooi.
5 Des 1947 – Dr Fraser (‘n tandarts) in diens van die Departement van Gesondheid kom trek 142 tande!
18 Aug 1955 – die skool kry aansluiting tot stadswater.
26 April 1956 – Elektrisiteit by die skool!
14-16 Mei 1956 – Volgens inspeksieverslag – 50e verjaarsdag van die skool – skool verander van parallelmediumskool na Afrikaans-mediumskool.
10 Nov 1959 – ‘n Begin word gemaak met die aanbou van die nuwe administratiewe eenheid, biblioteek, stafkamer en latrines.
24 Januarie 2006 – Laerskool Fontainebleau skop hul eeufeesvieringe af.
2021 – Eerste sonpanele word geinstalleer.
22 Nov 2023 – Skakel spreiligte aan.
30 April 2024 – Sonkragpanele opgedateer en aangeskakel.
UIT DIE HOOF
SE PEN
Welkom by Laerskool Fontainebleau!
Laerskool Fontainebleau is ‘n gemeenskapskool, gebou deur die gemeenskap vir die gemeenskap. ‘n Afrikaanse skool met ‘n ryk en kleurvolle geskiedenis wat in 1906 sy ontstaan gehad het. ‘n Plek vir families wie tot en met die vierde en vyfde generasie in dieselfde klaskamers sit, op dieselfde gange stap en voortbou op ‘n nalatingskap wat hul vir hul kinders en kleinkinders agterlaat.
Die Fontie-skoolgemeenskap is groot genoeg om ‘n persoonlike aanslag te behou, personeel, kinders en ouers ken mekaar almal. Die verhoudings wat hier gebou word hou ‘n leeftyd. Soos dit nog altyd hier by ons lui “Een keer ‘n Fontie, altyd ‘n Fontie.”
Laerskool Fontainebleau streef na uitnemendheid op akademiese gebied, waar ons Fonties hulself jaar na jaar in die top persentiel van akademiese prestasie by verskeie hoërskole reg oor die land bevind. Duidelik bereik deur hul werksetiek en deursettingsvermoë. Die kweek van ‘n liefde vir leer en ontdek is die hart van ons akademiese program. Leerders word ondersteun deur gemotiveerde, goed gekwalifiseerde personeel op ‘n wye spektrum van akademiese ontwikkeling.
‘n Fontie lewe die leuse van die skool uit met ‘n liefde vir leer, lewe en omgee. En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig. Hierdie lig skyn oor elke Fontie waarookal hul voete hul neem.
‘n Skool waar geleenthede geskep word vir kinders om te ontwikkel in verskeie areas van die lewe. Die skool bied ‘n verskeidenheid buitemuurse sport en kulturele aktiwiteite waar kinders gemotiveer en aangemoedig word om op sosiale, emosionele en fisiese aspekte hul volle potensiaal te bereik.
Ouerbetrokkenheid by die skool is van kardinale belang vir ons as skool. Vennote in onderwys en opvoeding wat hande vat met die skool ten bate van die skool se kinders. Die skool word ondersteun deur ‘n kundige, bekwame Beheerliggaam en Ouer-Onderwyser-Vereniging waar elke ouer ook deel word van die Fontie familie.
‘n Laerskool wie alombekend is vir veelsydige kinders wie in die lig van die lewe stap.
Kevin Kinghorn
ONS PERSONEEL
ONS MENSE
BESTUUR

Kevin Kinghorn
Hoof

Annelene Daniels
Adjunkhoof & Akademiese Hoof

Johan Kotze
Departementshoof
Opvoedkundige leiding

Lida-Mari Viljoen
Departementshoof
Kultuur

Pierre Human
Departementshoof
Intermediêre- en Seniorfase

Mary van Zyl
Fonties Kleuterskool /
Pre-Primêr

Johan Viljoen
Geboue en Terrein

Carien Venter
Sporthoof
Laerskool Fontainebleau
PERSONEEL
Fonties se personeellede skep ‘n warm en verwelkomende atmosfeer waar ons leerders veilig voel om hulself uit te druk en nuwe dinge te probeer. Deur geduld, empatie, en begrip, bou ons ‘n sterk verhouding met elke leerder, wat selfvertroue en ‘n gevoel van behoort bevorder. Ons streef daarna om altyd beskikbaar te wees; om ‘n bemoedigende woord te spreek of om leiding en hulp te bied, veral wanneer leerders uitdagings in die gesig staar.
Hierdie benadering help nie net met akademiese groei nie, maar speel ook ‘n sleutelrol in die emosionele en sosiale ontwikkeling van elke Fontie. Ons doel is om hulle te inspireer om hul beste te wees en hulle te bemagtig om elke dag met selfvertroue aan te durf.
FONTIES KLEUTERSKOOL / PRE-PRIMÊR
PERSONEEL

HOOF
Pre-Primêr Hoof / Gr R-F
Mary Van Zyl
mvanzyl@fonties.co.za

Graad RRR/F
Dienie Wilters
dienie@fonties.co.za

Graad RR/F
Jaunti Le Roux
jaunti@fonties.co.za

Graad RR/O
Lizanne Colin
lizannec@fonties.co.za

Graad R/O
Julienne Hutchison
julienne@fonties.co.za

Graad R/N
Bianca Grobler
bianca@fonties.co.za
LAERSKOOL
PERSONEEL
GRAAD 1

GRAADHOOF
Graad 1F
Sandra Blignaut
sandra@fonties.co.za

Graad 1/O
Mieke Gouws
mieke@fonties.co.za

Graad 1/N
Franciska Maas
franciska@fonties.co.za
GRAAD 2

GRAADHOOF
Graad 2/F
Chantel van der Merwe
chantel@fonties.co.za

Graad 2/O
Anelda Kies
anelda@fonties.co.za

Graad 2/N
Anieke Nel
anieke@fonties.co.za
GRAAD 3

GRAADHOOF
Graad 3/F
Lida Venter
lida@fonties.co.za

Graad 3/N
Jiréh Swanepoel
jireh@fonties.co.za

Graad 3/O
Mariaan van Niekerk
mariaan@fonties.co.za
GRAAD 4

GRAADHOOF
Pierre Human
pierre@fonties.co.za

Graad 4/F
Chrizanne Atterbury
chrizanne@fonties.co.za

Graad 4/O
Santa Van Rensburg
santa@fonties.co.za

Graad 4/N
Elsabé Schutte
elsabe@fonties.co.za
GRAAD 5

GRAADHOOF
Gerlene Nieuwenhuis
gerlene@fonties.co.za

Graad 5/F
Nico Van Jaarsveld
nico@fonties.co.za

Graad 5/O
Peter Nel
peter@fonties.co.za

Graad 5/N
Almari Corthing
almari@fonties.co.za
GRAAD 6

GRAADHOOF
Eltika Jacobs
eltikaj@fonties.co.za

Graad 6/F
Karla Booysen
karla@fonties.co.za

Graad 6/O
Nicole Grobler
nicole@fonties.co.za

Graad 6/N
Rudi Halgryn
rudi@fonties.co.za
GRAAD 7

GRAADHOOF
Dian Ludick
dian@fonties.co.za

Graad 7/F
Monique Smit
monique@fonties.co.za

Graad 7/O
Christel Scholtz
christel@fonties.co.za

Graad 7
Nadine Viljoen
nadine@fonties.co.za

Graad 7/N
Petra Marais
petra@fonties.co.za
ONDERWYSERS-ASSISTENTE
PERSONEEL

Pre-Primêr
Alissa Liebenberg
alissa@fonties.co.za

Pre-Primêr
Wanya Botha
wanya@fonties.co.za

Pre-Primêr
Nicole Steinmann
nicoles@fonties.co.za

Grondslagfase
Zita Pawson
zita@fonties.co.za

Grondslagfase
Suné van der Schyff
sune@fonties.co.za

Intersen
Edrich Brand
edrich@fonties.co.za
TERAPEUT

Santie Thomas
santie@fonties.co.za
ADMINISTRATIEWE PERSONEEL

Hoof se sekretaresse
Lorraine De Villiers
lorraine@fonties.co.za

Ontvangs en sosiale media
Emay van Wijk
skool@fonties.co.za

Krediteure
Arina Rossouw
finansies@fonties.co.za

Kommunikasie-beampte en Sporthoof
Carien Venter
carien@fonties.co.za

Debiteure/Skoolfonds
Ananya Erasmus
ananya@fonties.co.za
ALGEMENE ASSISTENTE

Mavis Baloyi

Johannes Kekana

Jeanett Machele

Morgan Phetlho

Simon Chauke

Alicia Lehasa

John Chirinda Nkuna

Jackson Sithole

Augustine Chuma

Pinkie Mabeta

Thando Nleya

Maria Radebe
PERSONEEL

LEIERS 2024
