Algemeen

 

Verversings

Geen etes word deur die Kleuterskool voorsien nie.

Ouers moet asseblief voedsame kos saamstuur skool toe.

Die volgende word voorgestel:

  • Vrugte, toebroodjies, hamburgers, worsbroodjies, muffins en vrugtesap.
  • Jogurt, kouevleis, vrugtestafies, soutbeskuitjies en springmielies is ook toelaatbaar.

Geen lekkers en koekies, gaskoeldranke of Energade word van Maandae tot Donderdae toegelaat nie.

Indien ouers kos by die Snoepie koop, moet ouers reeds voor skool die kos bestel en betaal. Kleuters kan dit dan pouse gaan haal.

Vrydae word 'n toegewing gemaak, dan mag die kleuters koekies of lekkergoed of geld vir snoepie skool toe bring.

Die kleuters wat by die Naskool bly, moet ook voedsame kos vir middagete skool toe bring. Dit moet in 'n aparte kosblik/houer wees.