Algemeen

 

Die naskool is ‘n opsionele diens wat Fonties Pre-Primêr aan ons ouers en kleuters teen betaling, buite die normale skoolfonds, verskaf. Die naskool is onder toesig van Juf Zani Nel en personeellede van Fonties Pre-Primêr.

DIE DIENS SLUIT DIE VOLGENDE IN:

  1. Die naskool (13:30 – 17:30) en wagklas (13:30 -14:00) word bedryf op Maandag tot Vrydag.
  2. Streng kontrole word gehou oor die bywoning en die afhaal van die kleuters. Indien u kleuter deur ‘n ander persoon as uself afgehaal word, moet u ons telefonies of skriftelik in kennis stel.
  3. Geen kind mag buite die terrein beweeg nie, mits hulle vooraf met die personeel aan diens gereël het.
  4. Ouers moet asseblief die register teken wanneer u u kleuter afhaal. Geen kind mag self die register teken nie.
  5. U moet vir u kind ‘n ekstra kospakkie inpak vir die middag. Die kinders kry ook geleentheid om in die middae kos by die snoepie te koop. Let wel: Geen lekkers mag vir naskool gekoop word nie. U kan die snoepie se spyskaart in die weeklikse Bleaunuus nagaan. Ouers is self verantwoordelik om voor skool die kospakkie te bestel en te betaal. Stel die onderwyseres in kennis sodat hulle die snoepiekos kan gaan afhaal.
  6. Dieselfde gedragskode wat vir die kleuters geld gedurende normale skoolure, geld ook vir die tyd wat u kleuter by die naskool is.
  7. Die naskoolpersoneel is SLEGS tot 17:30 in die middae beskikbaar. Indien ouers later as 17:30 opdaag sal die volgende prosedure gevolg word:
    - Eerste laat kom – eerste waarskuwing
    - Tweede laat kom – tweede waarskuwing
    - Derde laat kom – boete van R50.
    Indien daar ‘n patroon van laat kom is, sal u kleuter nie verder van die naskool gebruik kan maak nie.
  8. Die naskool word (as ‘n vakansieskool) gedurende vakansies deur die laerskool personeel (op die laerskoolgronde) bedryf teen addisionele koste (ete ingesluit). Toesig sal dan strek van 7:00 tot 17:30.

Kleuters wat slegs enkel dae die naskool bywoon betaal per dag.

Indien u van voorneme is om van die naskool se dienste gebruik te maak, voltooi asseblief die inskrywingsvorm en stuur dit terug aan die skool. (Kleuters sal nie tot die naskool toegelaat word indien ons nie die inskrywingsvorm asook die eerste paaiement ontvang het nie).

Naskool Inligtingsbrief 2019
Naskool Reëls