Algemeen

 

Kleredrag

Gemaklike speelklere moet gedra word. Dogtertjies moet verkieslik nie rokkies of lang, nou rompe dra nie. Indien hulle wel 'n rokkie dra, moet hulle 'n kortbroek onder die rokkie aantrek.

Alle klere moet duidelik gemerk wees!

Die kleuters moet verkieslik kaalvoet skool toe kom. Indien hulle skoene aantrek, moet dit gemaklike, sagte skoene wees.

Dit is ook raadsaam om 'n ekstra stel skoon klere saam skool toe te stuur.

'n Fontie T-hemp kan by die kleuterskool aangekoop word. Die hemp word saam met 'n denim/Fontiebroekie gedra op uitstappies.

Geen juwele word toegelaat nie.