Algemeen

 

Benodighede

Elke kleuter behoort 'n groot genoeg rugsakkie of tassie te hê waarin sy/haar kos en klere gehou word en waarin skeppende werk en briefieleêrs huis toe geneem word.

Daar word jaarliks 'n skryfbehoeftepakket saamgestel wat al die benodigdhede vir die jaar bevat. Dit word teen 'n addisionele koste verkoop.

Die kleuters moet solank tuis oefen om al hul besittings in hul rugsakkie/tassie te bêre.

Stuur asseblief 'n foto van u kleuter skool toe. Die foto's word teen die bord opgesit saam met hulle skeppende werk.

Ons benodig ook van elke kleuter 'n pakkie pleisters en 'n boks tissues.