Aktiwiteite

Aktiwiteite
  • Een keer per week kry die kleuters klasmusiek by 'n opgeleide persoon.
  • Een keer in 'n siklus van sewe dae besoek hulle die Rekenaarsentrum.
  • Een keer in 'n siklus van sewe dae het hulle MBK (Menslike Bewegingskunde) wat deur 'n opgeleide persoon aangebied word.

Bogenoemde aktiwiteite word aangebied as deel van die program teen geen ekstra betaling nie.

Kleuters is ook deel van die Laerskool se aktiwiteite bv. skoolkonsert, kaskardag, pretloop ens.

Kleuters speel ook mini-krieket, tennis, welpie-rugby, mini-netbal en neem deel aan atletiek.

TEEN EKSTRA BETALING: (Opsioneel)

  • A+-Student Wiskunde
  • ARTY TWIGS: Kuns
  • CATROBATKIDS: Groot- en kleinmotoriese aktiwiteite
  • EISTEDDFOD: Kunswedstryd - (slegs inskrywingsfooi)
  • HOUSE OF GEPETTO: Houtwerk
  • Individuele Musiekonderrig
  • INTRO GHOLF: Gholflesse
  • LEGO KLASSE: Kreatiewe bou met lego
  • Natuurklub
  • NETT-GIRLIES: Netbal
  • RUGGAKIDS: Rugby
  • STIMU-ZONE: Rekenaars
  • SUR LA POINT: Ballet
  • VOORTREKKERS (na-ure)

Elke jaar hou ons Moedersdag, Vadersdag en Oupa- en Oumadag waar ons hulle bederf met liedjies, versies en eetgoed. Pragtige foto's word dan ook geneem as herinnering.

Ons hou ook aan die einde van die jaar ons eie konsert met die kleuters se Diplomaplegtigheid.